MICRO MIRACLE FOUNDATION

WHO WE ARE

Our Family

Mia M021

Goeie more.Dankie dat jul daar is vir ons en vir Carmia.

Carmia se storie. Mama Marinda het op 9 Junie 2017 uitgevind sy is swanger.Op 27 weke sonar het huisdr Dr Fred Badenhorst gesien daar is swelling op een ventrikel en gese hy sal graag die ginekoloog dr Makulana van Thoyuandou se opinie he.

 

Op 15 November het ons Marinda na dr Makulana geneem.Daar hy omtrent n uur lank sonar gedoen het gese hy kan sien waarom dr Badenhorst haar verwys het. Hyt self vir ons gewys al Carmia se orgaantjies is daar en werk soos dit moet.Hy het aanbeveel dat Marinda n Fetal en Maternal spesialis moes gaan sien maar eers wou hy haar op 2 Desember sien want soos hy gese het die swellingtjie disintrigeer gewoonlik op 34 weke en dit kom gewoonlik voor by seuntjies.Weens omstandighede kon sy nie die opvolg by dr Makulana nakom nie. Sy het wel na haar huis dr dr E Gaigher gegaan wat haar gemonitor het.

 

Op 1Januarie2018 begin sy kla van pyne dr Badenhorst neem haar op in hospitaal vir 3dae met urienweg infeksie wat veroorsaak het dat sy begin ontsluit het wat hul kon keer.Met ontslag het dr Gaigher gese hy wil haar by spreekkamer sien en sonar doen. Dr Gaigher en Makulane het konsulteer en besluit Marinda moes Mankweng hospitaal toe gaan vir spesialis ginekoloe se bevindings.By Mankweng hospitaal is sy deur verskeie dr's gesien wat dr Badenhorst Gaigher en Makulana se diagnose bevestig het.

 

Marinda is ontslaan en sou bespreek word vr n keisersnit agv placenta previa en brugposisie.Op 16Januarie 2018 word sy heropgeneem vir die keisersnit op 17Januarie.Dinsdag nag net na 24hoo begin sy krampe kry.Om en by half drie die oggend van 17Januarie kon sy die pyn meer hanteer het nie. Pasient het saam haar geloop om die sr in kennis te stel.Met ondersoek is bevind sy het weer ontsluit.Dr op roep is in kennis gestel en verpleeg personeel is aangeraai om haar voor te berei vir keiser.Die pyne het erger geword en weereens is sy inwendig ondersoek waar gevind is sy is al 5cm ontsluit.Dr in kennis gestel toe dr by saal kom se sy daar is ni tyd vi keisersnit nie

.Marinda moes noodgedwonge normaal geboorte gee.Pediater is in kennis gestel en aan Marinda genoem dat Carmia n kondisie nl Microcephaly het. Bloede is by Carmia getrek wat di cytoglomerovirus bevestig het.Marinda en Carmia is oorgeplaas na Louos Trichardt gedenk hospitaal waar sy dadelik in broeikas geplaas is vir erge geelsug. Tydens die week en n half is Carmia deur fisio en arbeidsterapeut geevalueer vir verdere behandeling. Groete Dora(ouma van Carmia en mama van Marinda)

NON PROFIT COMPANY   |   REGISTRATION NO 2016/081818/08  |  NPO 174-438

© Copyright 2019 Micro Miracle Foundation

CONTACT US

LOOK AROUND

Feel free to get in touch with us!

Submitting Form...

The server encountered an error.

FORM RECEIVED

HOME

EVENTS

KNOWLEDGE

OUR STORY

SHOP

OUR FAMILY

LETS TALK